Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Ry & Sleep

Aug/Sept 2025
Magazine

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Weg! Ry & Sleep

Daarsy, dis beter...

O, ons kom terug! • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by ### rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

Hoedspruit kry nog plek in die bos

Die grote onder kleintjies • As jy op soek is na ’n klein woonwa wat jou behoeftes soos ’n handskoen pas, het Chris Erasmus van Kempton Park die antwoord.

’n Valk wat pronk • Toe hy besluit om ’n woonwa te bou was die groot voorwaarde dat dié wa anders moet wees, sê Kotie Terblanche van Worcester, wat onlangs sy Rooivalk-model bekend gestel het.

Allesbehalwe liggewig • Dis ’n uitdaging om ’n woonwa van 750 kg te bou – laat staan nog plek los vir ’n vrag. Tog het Danie Brough van Pretoria die skynbaar onmoontlike vermag met sy nuwe Serenity-wa.

Projek Plastiek • Hoe bou ’n mens ’n veeldoelige kampwa wat teen enige weerstoestande bestand is? Jy vra die kenners in die plastiekwêreld.

Vars voorkoms vir ’n goue oue • Die Kia Sorento het onlangs ’n ontrimpeling ondergaan. Cyril Klopper kyk wat is nuut aan dié gewilde gesinsmotor.

Rasende watervalle en louwarm poele • Ry ’n diep draai deur die Augrabieswatervalnasionale park se minder bekende deel en verken die agterpaaie in Riemvasmaak se gemeenskapsgrond.

Plaasvars in die Vrystaat • Dié twee nuwe kampplekke in die Vrystaat stel ’n voorbeeld vir ander eienaars: Dis plekke waar ’n mens eenvoudig móét aandoen wanneer jy deur die provinsie ry.

Waar die swaeltjies skrop • Kampplekke in die noorde van die land is in die wintermaande immergewild onder ’n groep kampeerders wat as swaeltjies bekend staan. Marula Oase is een só ’n plek.

Laat Luangwa jou lok • Zambië hoort op die emmerskoplys van elke oorlandsreisiger wat op soek is na nuwe horisonne en amper ongekende wilde natuur, sê Lea en Kobus Erasmus van Ultimate Routes.

Plát en reguit • Teen 312 km is die R358 die langste grondpad in Suid-Afrika. Drink ’n koffie om jou wakker te hou, want hy’s boonop ook die reguitste.

Meer blaf as byt? • “Kgalagadi, hier kom ons...” Was dit dapper woorde in die hitte van die oomblik of dalk oningeligte bravade? Dis iets waaroor Deon Boshoff van St. Francisbaai wonder.

Stertswaailekker • Kamp ’n hond uit ’n bos uit by een van dié agt kampplekke wat troeteldiere met ope arms ontvang.

Voorstedelike cowboy • Die Jeep Wrangler Sahara is skaars R50 000 goedkoper as die hoërgraad Rubicon. Ons kyk of sy vermoëns ook net ’n kortkop agter dié legendariese 4x4-ryding is.

Geen keer aan die Disco • Land Rover se Discovery met sy nuwe D350-enjin sleep nie net ’n hond uit ’n bos uit nie, maar spog ook met ’n paar sleepkatoeters waaroor baie net kan droom.

’n Merkwaardige gedoente • Die BunduTrail spog met soveel nuwighede dat ’n mens byna voel jy moet van voor af leer kamp.

Die woonwabedryf in oorsig • Ons ontleed die Suid-Afrikaanse woonwabedryf deur die modelle van nader te bekyk wat vervaardigers tans op die vertoonvloer het.

10 tegnieke vir 4x4-ry • Die aantal sportnutsvoertuie en bosbakkies op ons paaie is steeds aan die toeneem en nuwe entoesiaste betree daagliks die 4x4-wêreld. André Botha van African Off-Road Academy deel ’n klompie nuttige wenke en basiese beginsels om beginners touwys te maak – én sommer die hardebaarde te herinner.

Nader aan die hemelruim • Een van die lekkerste doendinge in ’n kampplek is om saans sterre te kyk. As ’n mens moet kies tussen stadsliggies en die liggies in die nagruim, wen...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans